My Blogs of Cool Stuff starts here -- See labels on sidebar 4 more

Tuesday, February 12, 2013

Blitsvinnig

Jy lê in ’n kar wat soos ’n vegvliegtuig lyk en teen ’n topsnelheid van 1 690km/h kan ry, en rem met behulp van ’n valskerm.
Dié vaartbelynde projektiel versnel van 0 tot 1 000km/h in 42 sekondes, dis heelwat vinniger as jou oorle skoonpa se Cortina.
Die Bloodhound- supersoniese kar (SSC) is ’n blitsryding wat deur ’n vuurpylenjin én ’n straalspuitenjin aangedryf word. Die straalspuitenjin gebruik ’n Formule 1-enjin as ’n brandstofpomp om hom van 800liter peroksied-brandstof binne 20 sekondes te voorsien.
En nou gaan dié meneer die landspoedrekord in 2013 aanvat. Nagenoeg 6000 ton se klippe is op Hakskeenpan in die Noord-Kaap verwyder om ’n 19 km lange renbaan voor te berei.
Die Britse ingenieur en projekbestuurder, Richard Noble, sê dat die Bloodhound nuwe standaarde in aërodinamika en spoedtoetse gaan stel. “Ons beproef die uiterstes van tegnologie en ingenieurswese met die Bloodhound. Dis die soort projek wat nuwe ingenieurs en ontwerpers gaan inspireer.”
Noble was self ’n jaagduiwel en het in 1983 en 1997 onderskeidelik twee landspoedrekords aangeteken.
As jy hierdie naweek in Kaapstad se V&A Waterfront is, kan jy self dié pappie van alle snelmotors gaan ry... oftewel 'n nabootser.
Klik hier vir die video
Die sneltoetse op Hakskeenpan – 45km suidwes van Twee Rivieren in die Kgalagadi-oorgrenspark – behoort teen vroeg 2014 voltooi te wees.
Web: http://www.bloodhoundssc.com

No comments:

Post a Comment

Related Posts with Thumbnails
Related Posts with Thumbnails